Model | Kyla | By Lourika

WIE IS EK ?
Ek is ‘n jong meisie, 20 jaar oud van Walvisbaai. Lief vir die lewe, lus vir die lewe. My drome is groot, heeltemal te groot. Ek is loskop & my sin vir humor is ‘wayyyy’ te groot. Ek is bewus daarvan dat die lewe kort is, dus gryp ek elke geleentheid met 2 hande aan. Ek is lief vir God, vir sy onvoorwaardelike liefde en genade. Ek is lief vir my familie, vir netbal. Ek is ‘n mense mens & my grootste passie in die lewe is om ander te help, kinders te help. Die beste gevoel van geluk is as jy iemand anders gelukkig maak .
Ek is ‘real’, vriendelik & passievol. Ek is van tyd tyd tot ‘n model & ek geniet dit verskriklik baie, maar ek probeer om altyd ‘n rolmodel te wees .
EK IS KYLA .

%d bloggers like this: